Hoe om te voorkom dat jou voël wegraak:

  • Wettige identifikasie soos ringe (dit is nie aangeraai om ringe op ouer voëls te sit nie. Dit is nadelig vir die voël) of mikroskyfies.
  • Desensitasie aan die buitelewe wat sal keer dat hulle nie skrik en wegvlieg nie.
  • Is jou voël se vlerke geknip? (Voëls met geknipte vlerke kan steeds vlieg hulle het net minder beheer oor hulle vlug wat hulle in gevaar kan stel. 
  • Is jou voël geleer om terug te vlieg na jou toe  as jy roep?
  • Is almal in jou huis versigtig wanneer julle deure en vensters oopmaak? Dit kan keer dat n voël uitglip.

 

Wenke om te onthou indien jou voël wegraak:

  • Laat iemand agterbly in die plek waar die voël die laaste keer gesien was. Voëls sal gewoonlik terug kom na die plek toe waar hulle weggevlieg het.
  • Probeer om in verbale kontak te bly met jou voël. Dit help beide van julle om te weet waar die ander is.
  • As jy nie jou voël kan hoor nie bring n ander voël uit in n hok om hulle aan te moedig om met mekaar te gesels.
  • Probeer om teen alle tye you voël in die oog te hou sodat jy kan sien waar om te gaan soek wanneer hulle land.
  • Baie voëls is nie die beste vlieërs nie en dus kom hulle gewoonlik nie baie ver nie. Soek in jou bure se tuine.

 

Stappe om te onthou wanneer jou voël wegraak:

  1. Rapporteer jou voël as vermis op www.parrotalert.com. 
  2. Kyk in jou bure se tuine (gewoonlik gaan voëls nie te ver van die huis af nie. 
  3. Sit jou voël se hok buite met hulle gunsteling kos (indien hulle die enigste voël in die hok is) 
  4. Laai die ParrotAlert plakaat aanlyn op jou sosiale media en in die area (by veartse, winkels en troeteldier winkels. 
  5. Benader die media om jou plakkaat in hulle koerante te druk.

 

Wenke vir wanneer jy jou plakkaat maak:

  • Gebruik www.parrotalert.com. Hulle doen baie moeite om die plakaat te deel en dit is n herkenbare formaat.
  • Bied n beloning aan. Dit kry gewoonlik meer mense om betrokke te raak.
  • Maak jou foon nommer prominent maar maklik om te verwyder wanneer jou voël gevind is.
  • Vra dat ENIGE besigtigings gemeld word. Dit sal help om n roete wat die voël gevolg het vas te stel.
  • Wanneer jy gevra word vir n area gee n algemene area en nie jou huisadres nie.
  • Gebruik fotos van JOU voël en nie een van Google nie.
  • Moet nie identifikasie informasie soos ring nommer of dinge wat jou voël sê uitgee nie. Dit is hoe jy gaan bewys dat die voël aan jou behoort en voorkom dat bedrieërs jou bel en sê dat hulle jou voël het.

 

Adapted from BirdTricks.com